Abstract
dc:description.abstractDie vrye aminosuurinhoud van Suider-Afrikaanse proteas het met enkele uitsonderings (Van Staden, 1966) min navorsers se aandag getrek. Die meeste ondersoeke was redelik oppervlakkig en slegs gegrond op papierchromatografie van 'n paar spesies, sodat 'n dieper studie nodig was. Miskien was die groepe verbindings wat werk in hierdie veld bemoeilik (tanniene die belangrikste), vir die meeste 'n te groot kopseer. Indien hierdie "probleemverbindings" identifisering, isolering en karakterisering in hierdie studie gaan bemoeilik, sal spesifieke suiweringstegnieke ontwikkel en toegepas moet word, om ekstrakte vooraf te suiwer. Daar gaan gepoog word om soveel moontlik ninhidrienpositiewe verbindings te identifiseer en te isoleer. Isolate gaan gedeeltelik chemies gekarakteriseer en bewaar word vir 'n opvolgende studie.
Degree
thesis:*- Grantor dc:publisher.institution
- Department of Biological Sciences
- Year dc:date.issued
- 1986
Author and committee
dc:creator, dc:contributor.*- Author dc:creator
-
- Van Schalkwyk, Adriaan Jacobus
- Advisor dc:contributor.advisor
-
- Eloff, J N
Rights
- Language dc:language.iso
- afr
Identifiers
dc:identifier.*- Handle dc:identifier.uri
- http://hdl.handle.net/11427/22160
- OAI identifier oai:identifier
- oai:open.uct.ac.za:11427/22160