Back to results

University of Pretoria

Die invloed van sekularisasie op die Nederduitse Gereformeerde Kerk : ’n Kerkhistories-sosiologiese perspektief

Abstract

dc:description.abstract

Sekularisasie het as samelewingsverskynsel ’n onafskeidbare deel van die hedendaagse lewensfilosofie geword. Kenmerkend hiervan is dat religieuse diskoerse en –instellings se invloed binne die moderne samelewing merkbaar verminder het. In Suid-Afrika, soos elders, hou die liberale demokrasie die openbare terrein leeg van godsdiens deurdat samelewingsinstellings van religieuse instellings se invloed geskei word. So word die reikwydte van geïnstitusionaliseerde godsdiens in Suid-Afrika ingeperk. Hierdie strukturele sekularisasie verander ook die NG Kerk se plek binne die sosiale opset van Suid-Afrika. Samelopend met strukturele sekularisasie vind die sekularisering van die sosiale kultuur ook plaas. Die omvang hiervan hang af van die sosiale betekenissisteme wat die persepsies van mense beïnvloed. Westerse Individualisme wat in die populêre humanistiese mensbeskouing gewortel is, bied as betekenissisteem die ideale teelaarde vir sekularisasie. Hierdie betekenissisteem se prioriteite van persoonlike vryheid, privaatheid, selfstandigheid, vryheid van keuse en die strewe na persoonlike welvaart is ook merkbaar in die NG Kerk-lidmate se lewe. Dit is in die verwesenliking van hierdie prioriteite dat die moderne mens menslike sekuriteit vind wat die ‘noodsaaklikheid’ van godsdiens in gedrang bring. Die siening dat die moderne mens vry is van kerklike dogmas as reël vir lewe en denke word deur hierdie betekenissisteem aangehelp. Sodoende verval religie in die samelewing en word die deur vir sosiale pluralisme waarin diverse kulturele- en lewensbeskouings erken en gelykgestel word, geopen. Dit veroorsaak dat die NG Kerk se invloed ten opsigte van die vestiging van godsdienstige waardes in die huidige pluralistiese samelewing van Suid-Afrika verminder en daarom het die kerk se godsdienstige beginsels min effek op openbare opinies. Daar is ook ’n toenemende ongeërgdheid teenoor die offisiële kerk omdat die moderne mens skynbaar al minder daarin ’n bron van persoonlike identiteit vind. So lei sekularisasie tot ’n geloofwaardigheidskrisis omtrent bekende religieuse betekenissisteme. Sekularisasie laat egter nie religie as verskynsel geheel en al verdwyn nie, maar omvorm wel die bekende en tradisionele vorme van godsdienstigheid. As gevolg van sekularisasie word godsdiens toenemend verskuif na die private sfere van die samelewing, soos die gesin of die moderne individu as sulks. Die betekenis van godsdiens word beperk tot die private sfeer en persoonlike psige. Die sin van godsdiens in die private ruimte hang af van die individu se soeke na vervulling en persoonlike sekuriteit. Godsdiens in hierdie sfere word ook al hoe minder geaffekteer deur die disintegrasie van die verhouding tussen religieuse instellings en ander sosiale instellings. Hoewel die offisiële NG Kerk steeds van belang geag word, staan lidmate se persoonlike religie egter al meer los van die kollektiewe geloofspraktyk. Die fokus op die partikuliere eerder as die kommunale verhoog die voorkoms van godsdienstige pluralisme wat ook die NG Kerk as godsdienstige instelling omvorm. Dit lei daartoe dat die verbreiding van ’n veelvoud van geloofsoortuigings en –praktyke ook in die NG Kerk merkbaar word. Die NG Kerk se gereformeerde identiteit kom as gevolg van hierdie omvorming onder druk. Die sekulariserende krag van godsdienstige privatisering en gevolglike individualisering omvorm die bekende religieuse konstrukte en praktyke van die NG Kerk.

Degree

thesis:*
Grantor dc:publisher
University of Pretoria
Year dc:date.issued
2014

Author and committee

dc:creator, dc:contributor.*
Advisor dc:contributor.advisor
  • Van der Merwe, J.M. (Johan Matthys)

Subjects

dc:subject × 1

Rights

dc:rights
Statement dc:rights
  • © 2014 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.
Language dc:language.iso
Afrikaans

Identifiers

dc:identifier.*
Dc Identifier Other
D14/9/53
OAI identifier oai:identifier
oai:repository.up.ac.za:2263/43133

Chain of custody

source
Harvested from
University of Pretoria
Base URL
repository.up.ac.za/server/oai/request
Last updated
2026-07-24
Source record
OAI-PMH GetRecord
related terms
citation

Die invloed van sekularisasie op die Nederduitse Gereformeerde Kerk : ’n Kerkhistories-sosiologiese perspektief. University of Pretoria, 2014. http://hdl.handle.net/2263/43133