Back to results

Afrikaans and Netherlandic Studies

Narratief en trauma in die oeuvre van Etienne van Heerden

Abstract

dc:description.abstract

Die tesis ondersoek die intertekstuele gesprek in Van Heerden se oeuvre met betrekking tot die temas van narratief, trauma en heling. Teoretiese uitgangspunte vanuit literere en sielkundige ondersoekterreine word gebruik. Ek fokus op narratief en trauma in Van Heerden se romans Matoli (1978), Toorberg (1986), Casspirs en Campari 's (1991), Die stoetmeester (1993), Kikoejoe (1996), Die sYrye van Mario Salviati (2000), In stede van die liefde (2005) en Asbesmiddag (2007). Verskillende fasette van die verwerking van trauma op individuele en kollektiewe vlak, wat regdeur Van Heerden se werk loop, word ondersoek. Daar word gekyk na die temas van verwonding en verskeurdheid en die moontlikheid van heling en versoening in Van Heerden se romans. Die verwerking en herskryf van die verlede, op individuele en kollektiewe vlak; kwessies rondom identiteit nadat 'n lewensnarratief deur trauma verwoes is; die soeke na 'n nuwe toekoms en versoening, versoening met die self, in die gesin en in die land word ondersoek in terme van narratief en trauma. Daar word gekyk na die temas van die verwerking van die verlede, die skuldgevoel van Suid-Afrikaners gedurende en na apartheid, en die verwonding van mense gedurende apartheid. Onderdrukte fasette van die geskiedenis kom na vore in Van Heerden se oeuvre, wat 'n stem gee aan diegene wat in die Suid-Afrikaanse geskiedskrywing gemarginaliseer is. Die soeke na identiteit mi 'n traumatiese belewenis en die (on-)moontlikheid van he ling is sentrale temas by Van Heerden. Daar word ondersoek ingestel na die intertekstuele 'gesprek' tussen Van Heerden se romans aangaande sentrale temas wat op mekaar bou in sy werk. Van Heerden se oeuvre bevestig die helende potensiaal van narratief deur die wyse waarop die temas van verwonding en heling, wat deurlopend in sy werk voorkom, uitgebeeld word.

Degree

thesis:*
Grantor dc:publisher.institution
Afrikaans and Netherlandic Studies
Year dc:date.issued
2008

Author and committee

dc:creator, dc:contributor.*
Author dc:creator
  • Van Zyl, Marieke
Advisor dc:contributor.advisor
  • Van der Merwe, Chris N

Rights

Language dc:language.iso
eng

Identifiers

dc:identifier.*
Handle dc:identifier.uri
http://hdl.handle.net/11427/14369
OAI identifier oai:identifier
oai:open.uct.ac.za:11427/14369

Chain of custody

source
Harvested from
University of Cape Town
Base URL
open.uct.ac.za/oai/request
Last updated
2026-07-22
Source record
OAI-PMH GetRecord
related terms
citation

Van Zyl, Marieke. Narratief en trauma in die oeuvre van Etienne van Heerden. Afrikaans and Netherlandic Studies, 2008. http://hdl.handle.net/11427/14369