Back to search

Afrikaans and Netherlandic Studies

Die verhouding tussen autobiografiese feit en fiksie in die kortverhaaloeuvre van Koos Prinsloo

Abstract

dc:description.abstract

Tegniese en tematiese vernuwing, aansien én verguising van sy literêre werk, 'n opsienbare openbare lewe én dood - dit alles het bygedra dat Koos Prinsloo bykans 'n kultusfiguur geword het en dat sy skrywersloopbaan en literêre arbeid 'n uiters interessante, maar komplekse studieterrein is. Verskeie artikels en nagraadse studies oor uiteenlopende aspekte van Prinsloo se verhale is reeds voltooi, maar daar is nog geen sistematiese ondersoek gedoen oor die verhouding tussen feit en fiksie soos dit na vore kom in sy vier bundels nie. Met die skrywer se afsterwe in Maart 1994 is sy oeuvre afgesluit. Dit is dus vir die navorser moontlik om tot bepaalde gevolgtrekkings te kom ten opsigte van 'n volledige korpus tekste. Die werkswyse in hierdie studie is om Prinsloo se verhaalbundels in chronologiese volgorde te ontleed, te bepaal watter verhale outobiografiese merkers vertoon, na te gaan watter tegnieke die skrywer gebruik het om sy tekste te fiksionaliseer/defiksionaliseer, en wat die funksies en konsekwensies is van die byhaal van die "werklikheid" by die fiksionele. Die uitsprake van kritici word by elke bundel gegee, met die navorser se reaksie op die kritiek. As gevolg van die omvang van hierdie studie, word daar nie aandag gegee aan die (meer omvattende) verhouding tussen "feit" en "fiksie" in Prinsloo se oeuvre nie. Sodanige studie sal meebring dat die talryke dokumentêre verwysings in sy werk nagevors en die funksionaliteit daarvan bepaal word. Hierdie studie konsentreer net op die verhouding tussen die outobiografiese feit en fiksie in sy werk, maar verwys, waar nodig, na sommige van hierdie dokumente.

Degree

thesis:*
Grantor dc:publisher.institution
Afrikaans and Netherlandic Studies
Year dc:date.issued
1997

Author and committee

dc:creator, dc:contributor.*
Author dc:creator
  • Scheepers, Adriana Wilhelmina
Advisor dc:contributor.advisor
  • Van der Merwe, Chris N

Rights

Language dc:language.iso
afr

Identifiers

dc:identifier.*
Handle dc:identifier.uri
http://hdl.handle.net/11427/22463
OAI identifier oai:identifier
oai:open.uct.ac.za:11427/22463

Chain of custody

source
Harvested from
University of Cape Town
Base URL
open.uct.ac.za/oai/request
Last updated
2026-07-22
Source record
OAI-PMH GetRecord
related terms
citation

Scheepers, Adriana Wilhelmina. Die verhouding tussen autobiografiese feit en fiksie in die kortverhaaloeuvre van Koos Prinsloo. Afrikaans and Netherlandic Studies, 1997. http://hdl.handle.net/11427/22463