{"id":{"repo_id":"cape-town","oai_identifier":"oai:open.uct.ac.za:11427/22463"},"canonical_url":"https://search.dev.ndltd.org/etd/cape-town/oai:open.uct.ac.za:11427/22463","repository":{"repo_id":"cape-town","name":"University of Cape Town","base_url":"https://open.uct.ac.za/oai/request"},"display":{"title":"Die verhouding tussen autobiografiese feit en fiksie in die kortverhaaloeuvre van Koos Prinsloo","abstract":"Tegniese en tematiese vernuwing, aansien én verguising van sy literêre werk, 'n opsienbare openbare lewe én dood - dit alles het bygedra dat Koos Prinsloo bykans 'n kultusfiguur geword het en dat sy skrywersloopbaan en literêre arbeid 'n uiters interessante, maar komplekse studieterrein is. Verskeie artikels en nagraadse studies oor uiteenlopende aspekte van Prinsloo se verhale is reeds voltooi, maar daar is nog geen sistematiese ondersoek gedoen oor die verhouding tussen feit en fiksie soos dit na vore kom in sy vier bundels nie. Met die skrywer se afsterwe in Maart 1994 is sy oeuvre afgesluit. Dit is dus vir die navorser moontlik om tot bepaalde gevolgtrekkings te kom ten opsigte van 'n volledige korpus tekste. Die werkswyse in hierdie studie is om Prinsloo se verhaalbundels in chronologiese volgorde te ontleed, te bepaal watter verhale outobiografiese merkers vertoon, na te gaan watter tegnieke die skrywer gebruik het om sy tekste te fiksionaliseer/defiksionaliseer, en wat die funksies en konsekwensies is van die byhaal van die \"werklikheid\" by die fiksionele. Die uitsprake van kritici word by elke bundel gegee, met die navorser se reaksie op die kritiek. As gevolg van die omvang van hierdie studie, word daar nie aandag gegee aan die (meer omvattende) verhouding tussen \"feit\" en \"fiksie\" in Prinsloo se oeuvre nie. Sodanige studie sal meebring dat die talryke dokumentêre verwysings in sy werk nagevors en die funksionaliteit daarvan bepaal word. Hierdie studie konsentreer net op die verhouding tussen die outobiografiese feit en fiksie in sy werk, maar verwys, waar nodig, na sommige van hierdie dokumente.","abstract_html":"Tegniese en tematiese vernuwing, aansien én verguising van sy literêre werk, &#x27;n opsienbare openbare lewe én dood - dit alles het bygedra dat Koos Prinsloo bykans &#x27;n kultusfiguur geword het en dat sy skrywersloopbaan en literêre arbeid &#x27;n uiters interessante, maar komplekse studieterrein is. Verskeie artikels en nagraadse studies oor uiteenlopende aspekte van Prinsloo se verhale is reeds voltooi, maar daar is nog geen sistematiese ondersoek gedoen oor die verhouding tussen feit en fiksie soos dit na vore kom in sy vier bundels nie. Met die skrywer se afsterwe in Maart 1994 is sy oeuvre afgesluit. Dit is dus vir die navorser moontlik om tot bepaalde gevolgtrekkings te kom ten opsigte van &#x27;n volledige korpus tekste. Die werkswyse in hierdie studie is om Prinsloo se verhaalbundels in chronologiese volgorde te ontleed, te bepaal watter verhale outobiografiese merkers vertoon, na te gaan watter tegnieke die skrywer gebruik het om sy tekste te fiksionaliseer/defiksionaliseer, en wat die funksies en konsekwensies is van die byhaal van die &quot;werklikheid&quot; by die fiksionele. Die uitsprake van kritici word by elke bundel gegee, met die navorser se reaksie op die kritiek. As gevolg van die omvang van hierdie studie, word daar nie aandag gegee aan die (meer omvattende) verhouding tussen &quot;feit&quot; en &quot;fiksie&quot; in Prinsloo se oeuvre nie. Sodanige studie sal meebring dat die talryke dokumentêre verwysings in sy werk nagevors en die funksionaliteit daarvan bepaal word. Hierdie studie konsentreer net op die verhouding tussen die outobiografiese feit en fiksie in sy werk, maar verwys, waar nodig, na sommige van hierdie dokumente.","abstract_has_math":false,"creators":["Scheepers, Adriana Wilhelmina"],"institution":"Afrikaans and Netherlandic Studies","degree_name":null,"degree_level":null,"degree_discipline":null,"degree_department":null,"school":null,"contributors":[],"advisors":["Van der Merwe, Chris N"],"committee_chairs":[],"committee_members":[],"year":1997,"date_issued":"1997","date_published":"1997","updated_at":"2026-07-22T22:23:39Z","subjects":[],"languages":["afr"],"rights":[],"rights_urls":[],"identifier_entries":[]},"links":{"outbound_url":"http://hdl.handle.net/11427/22463","outbound_label":"Handle","outbound_source":"dc:identifier.uri"},"metadata_groups":[{"id":"people","label":"People","entries":[{"key":"dc:contributor.advisor","label":"Advisor","values":["Van der Merwe, Chris N"]},{"key":"dc:creator","label":"Author","values":["Scheepers, Adriana Wilhelmina"]}]},{"id":"academic_context","label":"Academic Context","entries":[{"key":"dc:date.accessioned","label":"Dc Date Accessioned","values":["2016-11-10T06:46:06Z"]},{"key":"dc:date.available","label":"Dc Date Available","values":["2016-11-10T06:46:06Z"]},{"key":"dc:date.issued","label":"Date","values":["1997"]},{"key":"dc:publisher.department","label":"Dc Publisher Department","values":["Afrikaans and Netherlandic Studies"]},{"key":"dc:publisher.institution","label":"Dc Publisher Institution","values":["University of Cape Town"]},{"key":"dc:type","label":"Dc Type","values":["Doctoral Thesis"]},{"key":"dc:type.qualificationlevel","label":"Dc Type Qualificationlevel","values":["Doctoral"]},{"key":"dc:type.qualificationname","label":"Dc Type Qualificationname","values":["PhD"]}]},{"id":"language_rights","label":"Language and Rights","entries":[{"key":"dc:language.iso","label":"Language (ISO)","values":["afr"]}]},{"id":"identifiers","label":"Identifiers","entries":[{"key":"dc:identifier.uri","label":"Identifier URI","values":["http://hdl.handle.net/11427/22463"]}]},{"id":"additional","label":"Additional Metadata","entries":[{"key":"dc:description","label":"Description","values":["Bibliography: pages 336-354."]},{"key":"dc:description.abstract","label":"Abstract","values":["Tegniese en tematiese vernuwing, aansien én verguising van sy literêre werk, 'n opsienbare openbare lewe én dood - dit alles het bygedra dat Koos Prinsloo bykans 'n kultusfiguur geword het en dat sy skrywersloopbaan en literêre arbeid 'n uiters interessante, maar komplekse studieterrein is. Verskeie artikels en nagraadse studies oor uiteenlopende aspekte van Prinsloo se verhale is reeds voltooi, maar daar is nog geen sistematiese ondersoek gedoen oor die verhouding tussen feit en fiksie soos dit na vore kom in sy vier bundels nie. Met die skrywer se afsterwe in Maart 1994 is sy oeuvre afgesluit. Dit is dus vir die navorser moontlik om tot bepaalde gevolgtrekkings te kom ten opsigte van 'n volledige korpus tekste. Die werkswyse in hierdie studie is om Prinsloo se verhaalbundels in chronologiese volgorde te ontleed, te bepaal watter verhale outobiografiese merkers vertoon, na te gaan watter tegnieke die skrywer gebruik het om sy tekste te fiksionaliseer/defiksionaliseer, en wat die funksies en konsekwensies is van die byhaal van die \"werklikheid\" by die fiksionele. Die uitsprake van kritici word by elke bundel gegee, met die navorser se reaksie op die kritiek. As gevolg van die omvang van hierdie studie, word daar nie aandag gegee aan die (meer omvattende) verhouding tussen \"feit\" en \"fiksie\" in Prinsloo se oeuvre nie. Sodanige studie sal meebring dat die talryke dokumentêre verwysings in sy werk nagevors en die funksionaliteit daarvan bepaal word. Hierdie studie konsentreer net op die verhouding tussen die outobiografiese feit en fiksie in sy werk, maar verwys, waar nodig, na sommige van hierdie dokumente."]},{"key":"dc:title","label":"Title","values":["Die verhouding tussen autobiografiese feit en fiksie in die kortverhaaloeuvre van Koos Prinsloo"]}]}],"canonical_facts":{"dc:contributor.advisor":["Van der Merwe, Chris N"],"dc:creator":["Scheepers, Adriana Wilhelmina"],"dc:date.accessioned":["2016-11-10T06:46:06Z"],"dc:date.available":["2016-11-10T06:46:06Z"],"dc:date.issued":["1997"],"dc:description":["Bibliography: pages 336-354."],"dc:description.abstract":["Tegniese en tematiese vernuwing, aansien én verguising van sy literêre werk, 'n opsienbare openbare lewe én dood - dit alles het bygedra dat Koos Prinsloo bykans 'n kultusfiguur geword het en dat sy skrywersloopbaan en literêre arbeid 'n uiters interessante, maar komplekse studieterrein is. Verskeie artikels en nagraadse studies oor uiteenlopende aspekte van Prinsloo se verhale is reeds voltooi, maar daar is nog geen sistematiese ondersoek gedoen oor die verhouding tussen feit en fiksie soos dit na vore kom in sy vier bundels nie. Met die skrywer se afsterwe in Maart 1994 is sy oeuvre afgesluit. Dit is dus vir die navorser moontlik om tot bepaalde gevolgtrekkings te kom ten opsigte van 'n volledige korpus tekste. Die werkswyse in hierdie studie is om Prinsloo se verhaalbundels in chronologiese volgorde te ontleed, te bepaal watter verhale outobiografiese merkers vertoon, na te gaan watter tegnieke die skrywer gebruik het om sy tekste te fiksionaliseer/defiksionaliseer, en wat die funksies en konsekwensies is van die byhaal van die \"werklikheid\" by die fiksionele. Die uitsprake van kritici word by elke bundel gegee, met die navorser se reaksie op die kritiek. As gevolg van die omvang van hierdie studie, word daar nie aandag gegee aan die (meer omvattende) verhouding tussen \"feit\" en \"fiksie\" in Prinsloo se oeuvre nie. Sodanige studie sal meebring dat die talryke dokumentêre verwysings in sy werk nagevors en die funksionaliteit daarvan bepaal word. Hierdie studie konsentreer net op die verhouding tussen die outobiografiese feit en fiksie in sy werk, maar verwys, waar nodig, na sommige van hierdie dokumente."],"dc:identifier.uri":["http://hdl.handle.net/11427/22463"],"dc:language.iso":["afr"],"dc:publisher.department":["Afrikaans and Netherlandic Studies"],"dc:publisher.institution":["University of Cape Town"],"dc:title":["Die verhouding tussen autobiografiese feit en fiksie in die kortverhaaloeuvre van Koos Prinsloo"],"dc:type":["Doctoral Thesis"],"dc:type.qualificationlevel":["Doctoral"],"dc:type.qualificationname":["PhD"]},"updated_at":"2026-07-22T22:23:39Z"}