Back to search

Department of Social Development

Die psigo-maatskaplike aspekte van homoseksualiteit:'n veld-en dokumentêre studie met spesiale verwysing na psigiatriese maatskaplike werk in Suid-Afrika

Abstract

dc:description.abstract

Die benadering wat in hierdie studie toegepas is, is dié van die psigiatriese maatskaplike werker. Dit beteken dat die fokus hoofsaaklik op die psigo-maatskaplike aspekte van homoseksualiteit, sowel as die maatskaplike funksionering van die homoseksuele persone, gerig is. Die basiese kennis van die psigiatriese maatskaplike werker is geleë in persoonlikheidsontwikkeling wat ten nouste met die psigo-seksuele ontwikkelingstadia saamval. Gesinsdinamika sowel as persoonlikheidsdinamika is dus faktore wat as essensiële studiemateriaal deur die psigiatriese maatskaplike werker beskou word. Die studie moes egter uitgebrei word om ander aspekte ook te behels, veral weens die hoogs-gekompliseerde en menigvuldige aard van hornoseksualiteit as verskynsel. Sosiologiese faktore wat die sosiale milieu van die mens grotendeels bepaal, moes ingesluit word, asook die toepassing van sosiale sanksies wat ten nouste saamhang met verskynsels soos stigma, konflikte en baie ander veranderlikes. Regsaspekte kon allermins oor die hoof gesien word - hulle bepaal die raamwerk waarin homoseksueles lee£ en weerspieël in belangrike wyses die houdings van die gemeenskap. Terapie moes ook bespreek word, beide om die bydrae van maatskaplike werk te bestudeer en om die bydraes van ander beroepe in verband te sien.

Degree

thesis:*
Grantor dc:publisher.institution
Department of Social Development
Year dc:date.issued
1972

Author and committee

dc:creator, dc:contributor.*
Author dc:creator
  • Strydom, Katinka J D
Advisor dc:contributor.advisor
  • Helm, Brunhilde

Rights

Language dc:language.iso
afr

Identifiers

dc:identifier.*
Handle dc:identifier.uri
http://hdl.handle.net/11427/18048
OAI identifier oai:identifier
oai:open.uct.ac.za:11427/18048

Chain of custody

source
Harvested from
University of Cape Town
Base URL
open.uct.ac.za/oai/request
Last updated
2026-07-22
Source record
OAI-PMH GetRecord
related terms
citation

Strydom, Katinka J D. Die psigo-maatskaplike aspekte van homoseksualiteit:'n veld-en dokumentêre studie met spesiale verwysing na psigiatriese maatskaplike werk in Suid-Afrika. Department of Social Development, 1972. http://hdl.handle.net/11427/18048