Back to results

University of the Western Cape

n Interseksionele lees van Bettina Wyngaard se misdaadtrilogie (An intersectional reading of Bettina Wyngaard�s crime-fiction trilogy)

Abstract

dc:description.abstract

Bettina Wyngaard se misdaadfiksie-trilogie, bestaande uit die romans Vuilspel (2013), Slaafs (2016) en Jagter (2019) het �n vernuwende uitwerking in die Afrikaanse literatuur gehad. Dit kan hoofsaaklik teruggevoer word na die skrywer se gebruik van �n (swart) lesbiese protagonis. Wyngaard is ook die eerste swart Afrikaanse vroue-outeur wat haar tot hierdie genre gewend het. Haar misdaadtrilogie toon �n sentrale bemoeienis met die vroulike subjek se ondergeskikte posisie as deurgaans onderdruk weens verskeie identiteitsaspekte (waaronder ras, gender, klas, seksualiteit, kultuur en nasionaliteit tel). Die simbiotiese verhouding tussen identiteit en mag is dus �n prominente tematiek in die trilogie. Hierdie bemiddeling tussen identiteit en mag toon raakpunte met die interseksionaliteitsteorie soos voorgestel deur Kimberl� Crenshaw (1989). Sy voer aan dat subjekte onderdruk word deur die tussenspel van identiteitsmerkers en sisteme van onderdrukking wat inherent is daaraan. In hierdie verhandeling word die representasie van die vroulike subjek in Wyngaard se misdaadtrilogie uit �n interseksionele invalshoek in o�nskou geneem. Vanwe� die gebruik van literatuur as subjek van analise in hierdie verhandeling, word swart feministiese denkskole oor die letterkunde ingereken as ontledingsinstrumente om Wyngaard se trilogie binne die ruim trajek van swart feministiese fiksie te posisioneer. Terselfdertyd word Wyngaard se subjektiwiteit as swart vroue-outeur krities bekyk omdat sy deur middel van haar tekste verantwoordelik is vir beeldskepping en voorstellings van vroulike subjekte. Aangesien Wyngaard se fiksie dikwels identiteitsaspekte ondervang wat verband hou met haar eie subjektiewe identiteit, sal die wyse bekyk word waarop selfdefini�ring en selfaktualisering in haar trilogie tot stand gebring word.Soos reeds genoem, het Wyngaard grense in die Afrikaanse letterkunde versit deur haar tot misdaadfiksie as genre te wend. As deel van popul�re fiksie, staan misdaadfiksie tradisioneel bekend as �n behoudende genre met �n resepmatige onderbou wat, s� beskou, nie gebruik word om progressiewe argumente in te voer nie. Hierdie aspek van die genre staan dus o�nskynlik in kontras met die feministiese aard van Wyngaard se misdaadfiksie-trilogie. In hierdie verhandeling word gevolglik ook die funksionaliteit van genre en die impak daarvan op die beeldskepping van die vroulike subjek bekyk. Maniere waarop Wyngaard gevestigde genrekonvensies oorskry in �n poging om feministiese benaderings te berde te bring, word in die besonder bestudeer.

Degree

thesis:*
Grantor dc:publisher.institution
University of the Western Cape
Year dc:date.issued
2021

Author and committee

dc:creator, dc:contributor.*
Author dc:creator
  • Ess, Courtneigh
Advisor dc:contributor.advisor
  • Bonthuys, Marni

Subjects

dc:subject × 10

Rights

dc:rights

Chain of custody

source
Harvested from
University of the Western Cape
Base URL
uwcscholar.uwc.ac.za:8443/server/oai/request
Last updated
2026-07-24
Source record
OAI-PMH GetRecord
citation

Ess, Courtneigh. n Interseksionele lees van Bettina Wyngaard se misdaadtrilogie (An intersectional reading of Bettina Wyngaard�s crime-fiction trilogy). University of the Western Cape, 2021.