University of Pretoria
In ruimtes vasgekeer: 'n Kognitiewe benadering tot metafore in dekoloniale diskoers
Abstract
dc:description.abstractAfrikaans: Die kognitiewe linguistiek voer aan dat meeste abstrakte konsepte slegs in terme van metafore bedink en verstaan kan word. Dekolonialiteit as abstrakte konsep is steeds ’n vurige besprekingspunt in die konteks van hoër onderwys in Suid-Afrika. Hierdie verhandeling beoog om die verband tussen metaforiese uitdrukkings en die konseptualisering van kolonialisme, kolonialiteit en dekolonisering te ondersoek deur die Konseptuele Metafoorteorie (KMT) te benut. Die verhandeling is spesifiek toegespits op die akademiese diskoers oor dekolonisering in Suid-Afrika, waar 87 artikels uit verskeie databasisse as die korpus vir die studie dien. Daar word gefokus op die identifisering van metafore in hierdie diskoers, die rol van metafore in die konseptualisering van die genoemde konsepte, asook die invloed van hierdie metafore op ons persepsie en benadering tot die diskoers. Daar word veral staatgemaak op die metafoorteorie van George Lakoff (1993), Mark Johnson (1987), Lakoff en Johnson (1980, 1999), Zoltan Kövecses (1997, 2010) en Joseph Grady. Verder word beginsels uit die kritiese diskoersanalise betrek, na aanleiding van Michel Foucault (2002), Jonathan Charteris-Black (2004) en Alice Deignan (2005). Die studie beoog om insigte te verkry in die rol van metafore in die akademiese diskoers oor dekolonisering en om die verband tussen taal, samelewing en denke verder te verken. Daar word aangevoer dat LEWENDE ENTITEIT, FISIESE VOORWERP, KONFLIK, FISIESE KRAG, FISIESE STRUKTUUR, en RUIMTELIKE VERHOUDINGS die sentrale domeine vir metafoorkartering uit die korpus vergestalt. Kolonialisme word metafories hoofsaaklik as ’n lewende entiteit uitgedruk; kolonialiteit as ’n komplekse struktuur en dekolonisering as die beweging tussen ruimtes.
Degree
thesis:*- Grantor dc:publisher
- University of Pretoria
- Year dc:date.issued
- 2023
Author and committee
dc:creator, dc:contributor.*- Advisor dc:contributor.advisor
-
- Bosman, Hendrina
Subjects
dc:subject × 7Rights
dc:rights- Statement dc:rights
-
- © 2023 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.
- Language dc:language.iso
- Afrikaans
Identifiers
dc:identifier.*- Dc Identifier Other
- A2024
- OAI identifier oai:identifier
- oai:repository.up.ac.za:2263/94680