{"id":{"repo_id":"nwu-za","oai_identifier":"oai:repository.nwu.ac.za:10394/38498"},"canonical_url":"https://search.dev.ndltd.org/etd/nwu-za/oai:repository.nwu.ac.za:10394/38498","repository":{"repo_id":"nwu-za","name":"North-West University (South Africa)","base_url":"https://repository.nwu.ac.za/server/oai/request"},"display":{"title":"Kodewisseling in Afrikaans-Nederlandse kinders se spraak","abstract":"Daar bestaan oor die algemeen nog min navorsing oor die wyse waarop tweetalige kinders hul eerste tale verwerf. Hierdie proses - waartydens kinders twee tale gelyktydig van geboorte af verwerf - staan bekend as tweetalige eerstetaalverwerwing (TETV). Insgelyks bestaan daar min navorsing oor die verskillende taalverskynsels, soos kodewisseling, wat opgemerk kan word wanneer kinders twee nouverwante tale terselfdertyd verwerf. Kodewisseling is nog nie ondersoek in ŉ studie wat Afrikaans-Nederlandse kinders as respondente betrek nie, en hierdie studie wil dus daardie gaping vul. Ten einde die kodewisseling van hierdie groep te beskryf, is die taaldata van agt voorskoolse kinders tussen die ouderdomme 2;3 en 6;4 wat in Suid-Afrika Afrikaans-Nederlands grootgemaak word, ingesamel en geanaliseer. Die data-insameling is gedoen deur gebruik te maak van die ouerverslagmetode, en die data-insamelingsperiode het in totaal ongeveer twee maande geduur. 123 uitings is in totaal vir die studie geanaliseer. Die navorsing is binne Steffen Höder (2014a) se diasistematiese konstruksiegrammatika (DiaKxG) aangepak, aangesien dit ŉ raamwerk verskaf waarbinne meertalige konstruksies geanaliseer kan word. DiaKxG is op die algemene beginsels van tradisionele konstruksiegrammatikabenaderings (KxG-benaderings) gebaseer, maar is spesifiek geskik om konstruksies wat uit ŉ verskeidenheid taalkontaksituasies voortspruit, te analiseer. Soos deur Höder (2014a:138) uitgewys, en deur Boas en Höder (2018:37) en Colleman (2018:146) beaam is, het taalkontakfenomene in onlangse jare nog net die aandag van ŉ klein aantal konstruksiegrammatici getrek. In werklikheid het dit eintlik ook periferale status in prominente grammatikale benaderings. Omdat taalkontak(fenomene) egter ŉ alomteenwoordige deel van die samelewing is (Boas & Höder, 2018:5), kan dit nie by grammatikale benaderings uitgesluit word nie. Vanuit hierdie perspektief is DiaKxG gekonseptualiseer. Die hoofidee wat deur DiaKxG voorgestel word, is dat ŉ meertalige spreker se grammatika, oftewel konstruktikon, uit twee tipes konstruksies bestaan, te wete idiokonstruksies en diakonstruksies (Höder, 2012, 2014a, 2018). Hierdie konstruksies verwys onderskeidelik na die konstruksies wat eie aan ŉ spesifieke taal is (idiokonstruksies), en die konstruksies wat die gemeenskaplikhede of oorvleueling tussen die verskillende tale vasvang (diakonstruksies). ŉ Diakonstruksie is dus ŉ vorm-betekenis-passing waarin invloede van twee (of meer) tale sigbaar is. ŉ Eerste stap in die vorming van ŉ diakonstruksie behels ŉ kognitiewe proses van intertaalidentifikasie waardeur twee (of meer) korresponderende idiokonstruksies met mekaar geassosieer word. Daarna word die vormlike en/of betekenisooreenkomste van die onderskeie idiokonstruksies geabstraheer tot ŉ skematiese konstruksie deur ŉ proses van veralgemening. Laastens word die diakonstruksie in die meertalige spreker se konstruktikon gevestig.","abstract_html":"Daar bestaan oor die algemeen nog min navorsing oor die wyse waarop tweetalige kinders hul eerste tale verwerf. Hierdie proses - waartydens kinders twee tale gelyktydig van geboorte af verwerf - staan bekend as tweetalige eerstetaalverwerwing (TETV). Insgelyks bestaan daar min navorsing oor die verskillende taalverskynsels, soos kodewisseling, wat opgemerk kan word wanneer kinders twee nouverwante tale terselfdertyd verwerf. Kodewisseling is nog nie ondersoek in ŉ studie wat Afrikaans-Nederlandse kinders as respondente betrek nie, en hierdie studie wil dus daardie gaping vul. Ten einde die kodewisseling van hierdie groep te beskryf, is die taaldata van agt voorskoolse kinders tussen die ouderdomme 2;3 en 6;4 wat in Suid-Afrika Afrikaans-Nederlands grootgemaak word, ingesamel en geanaliseer. Die data-insameling is gedoen deur gebruik te maak van die ouerverslagmetode, en die data-insamelingsperiode het in totaal ongeveer twee maande geduur. 123 uitings is in totaal vir die studie geanaliseer. Die navorsing is binne Steffen Höder (2014a) se diasistematiese konstruksiegrammatika (DiaKxG) aangepak, aangesien dit ŉ raamwerk verskaf waarbinne meertalige konstruksies geanaliseer kan word. DiaKxG is op die algemene beginsels van tradisionele konstruksiegrammatikabenaderings (KxG-benaderings) gebaseer, maar is spesifiek geskik om konstruksies wat uit ŉ verskeidenheid taalkontaksituasies voortspruit, te analiseer. Soos deur Höder (2014a:138) uitgewys, en deur Boas en Höder (2018:37) en Colleman (2018:146) beaam is, het taalkontakfenomene in onlangse jare nog net die aandag van ŉ klein aantal konstruksiegrammatici getrek. In werklikheid het dit eintlik ook periferale status in prominente grammatikale benaderings. Omdat taalkontak(fenomene) egter ŉ alomteenwoordige deel van die samelewing is (Boas &amp; Höder, 2018:5), kan dit nie by grammatikale benaderings uitgesluit word nie. Vanuit hierdie perspektief is DiaKxG gekonseptualiseer. Die hoofidee wat deur DiaKxG voorgestel word, is dat ŉ meertalige spreker se grammatika, oftewel konstruktikon, uit twee tipes konstruksies bestaan, te wete idiokonstruksies en diakonstruksies (Höder, 2012, 2014a, 2018). Hierdie konstruksies verwys onderskeidelik na die konstruksies wat eie aan ŉ spesifieke taal is (idiokonstruksies), en die konstruksies wat die gemeenskaplikhede of oorvleueling tussen die verskillende tale vasvang (diakonstruksies). ŉ Diakonstruksie is dus ŉ vorm-betekenis-passing waarin invloede van twee (of meer) tale sigbaar is. ŉ Eerste stap in die vorming van ŉ diakonstruksie behels ŉ kognitiewe proses van intertaalidentifikasie waardeur twee (of meer) korresponderende idiokonstruksies met mekaar geassosieer word. Daarna word die vormlike en/of betekenisooreenkomste van die onderskeie idiokonstruksies geabstraheer tot ŉ skematiese konstruksie deur ŉ proses van veralgemening. Laastens word die diakonstruksie in die meertalige spreker se konstruktikon gevestig.","abstract_has_math":false,"creators":["Rabé, Monique"],"institution":"North-West University (South Africa)","degree_name":null,"degree_level":null,"degree_discipline":null,"degree_department":null,"school":null,"contributors":[],"advisors":["Brink, R.C.","Van Huyssteen, Gerhard B"],"committee_chairs":[],"committee_members":[],"year":2021,"date_issued":"2021","date_published":"2021","updated_at":"2026-07-24T03:33:47Z","subjects":["Afrikaans","diasistematiese konstruksiegrammatika","Nederlands","nouverwante tale","kodewisseling","konstruksiegrammatika","taalkontak","taalverwerwing","tweetalige eerstetaalverwerwing"],"languages":["other"],"rights":[],"rights_urls":[],"identifier_entries":[{"key":"dc:identifier.uri","label":"Identifier URI","values":["https://orcid.org/0000-0002-1506-8791"],"render_values":[{"text":"0000-0002-1506-8791","href":"https://orcid.org/0000-0002-1506-8791","code":true}]}]},"links":{"outbound_url":"http://hdl.handle.net/10394/38498","outbound_label":"Handle","outbound_source":"dc:identifier.uri"},"metadata_groups":[{"id":"people","label":"People","entries":[{"key":"dc:contributor.advisor","label":"Advisor","values":["Brink, R.C.","Van Huyssteen, Gerhard B"]},{"key":"dc:creator","label":"Author","values":["Rabé, Monique"]}]},{"id":"academic_context","label":"Academic Context","entries":[{"key":"dc:date.accessioned","label":"Dc Date Accessioned","values":["2022-02-23T05:15:02Z"]},{"key":"dc:date.available","label":"Dc Date Available","values":["2022-02-23T05:15:02Z"]},{"key":"dc:date.issued","label":"Date","values":["2021"]},{"key":"dc:publisher","label":"Institution","values":["North-West University (South Africa)"]},{"key":"dc:type","label":"Dc Type","values":["Thesis"]}]},{"id":"subjects_keywords","label":"Subjects and Keywords","entries":[{"key":"dc:subject","label":"Dc Subject","values":["Afrikaans","diasistematiese konstruksiegrammatika","Nederlands","nouverwante tale","kodewisseling","konstruksiegrammatika","taalkontak","taalverwerwing","tweetalige eerstetaalverwerwing"]}]},{"id":"language_rights","label":"Language and Rights","entries":[{"key":"dc:language.iso","label":"Language (ISO)","values":["other"]}]},{"id":"identifiers","label":"Identifiers","entries":[{"key":"dc:identifier.uri","label":"Identifier URI","values":["https://orcid.org/0000-0002-1506-8791","http://hdl.handle.net/10394/38498"]}]},{"id":"additional","label":"Additional Metadata","entries":[{"key":"dc:description","label":"Description","values":["MA (Linguistiek en Literêre Teorie), North-West University, Potchefstroom Campus"]},{"key":"dc:description.abstract","label":"Abstract","values":["Daar bestaan oor die algemeen nog min navorsing oor die wyse waarop tweetalige kinders hul eerste tale verwerf. Hierdie proses - waartydens kinders twee tale gelyktydig van geboorte af verwerf - staan bekend as tweetalige eerstetaalverwerwing (TETV). Insgelyks bestaan daar min navorsing oor die verskillende taalverskynsels, soos kodewisseling, wat opgemerk kan word wanneer kinders twee nouverwante tale terselfdertyd verwerf. Kodewisseling is nog nie ondersoek in ŉ studie wat Afrikaans-Nederlandse kinders as respondente betrek nie, en hierdie studie wil dus daardie gaping vul. Ten einde die kodewisseling van hierdie groep te beskryf, is die taaldata van agt voorskoolse kinders tussen die ouderdomme 2;3 en 6;4 wat in Suid-Afrika Afrikaans-Nederlands grootgemaak word, ingesamel en geanaliseer. Die data-insameling is gedoen deur gebruik te maak van die ouerverslagmetode, en die data-insamelingsperiode het in totaal ongeveer twee maande geduur. 123 uitings is in totaal vir die studie geanaliseer. Die navorsing is binne Steffen Höder (2014a) se diasistematiese konstruksiegrammatika (DiaKxG) aangepak, aangesien dit ŉ raamwerk verskaf waarbinne meertalige konstruksies geanaliseer kan word. DiaKxG is op die algemene beginsels van tradisionele konstruksiegrammatikabenaderings (KxG-benaderings) gebaseer, maar is spesifiek geskik om konstruksies wat uit ŉ verskeidenheid taalkontaksituasies voortspruit, te analiseer. Soos deur Höder (2014a:138) uitgewys, en deur Boas en Höder (2018:37) en Colleman (2018:146) beaam is, het taalkontakfenomene in onlangse jare nog net die aandag van ŉ klein aantal konstruksiegrammatici getrek. In werklikheid het dit eintlik ook periferale status in prominente grammatikale benaderings. Omdat taalkontak(fenomene) egter ŉ alomteenwoordige deel van die samelewing is (Boas & Höder, 2018:5), kan dit nie by grammatikale benaderings uitgesluit word nie. Vanuit hierdie perspektief is DiaKxG gekonseptualiseer. Die hoofidee wat deur DiaKxG voorgestel word, is dat ŉ meertalige spreker se grammatika, oftewel konstruktikon, uit twee tipes konstruksies bestaan, te wete idiokonstruksies en diakonstruksies (Höder, 2012, 2014a, 2018). Hierdie konstruksies verwys onderskeidelik na die konstruksies wat eie aan ŉ spesifieke taal is (idiokonstruksies), en die konstruksies wat die gemeenskaplikhede of oorvleueling tussen die verskillende tale vasvang (diakonstruksies). ŉ Diakonstruksie is dus ŉ vorm-betekenis-passing waarin invloede van twee (of meer) tale sigbaar is. ŉ Eerste stap in die vorming van ŉ diakonstruksie behels ŉ kognitiewe proses van intertaalidentifikasie waardeur twee (of meer) korresponderende idiokonstruksies met mekaar geassosieer word. Daarna word die vormlike en/of betekenisooreenkomste van die onderskeie idiokonstruksies geabstraheer tot ŉ skematiese konstruksie deur ŉ proses van veralgemening. Laastens word die diakonstruksie in die meertalige spreker se konstruktikon gevestig."]},{"key":"dc:title","label":"Title","values":["Kodewisseling in Afrikaans-Nederlandse kinders se spraak"]}]}],"canonical_facts":{"dc:contributor.advisor":["Brink, R.C.","Van Huyssteen, Gerhard B"],"dc:creator":["Rabé, Monique"],"dc:date.accessioned":["2022-02-23T05:15:02Z"],"dc:date.available":["2022-02-23T05:15:02Z"],"dc:date.issued":["2021"],"dc:description":["MA (Linguistiek en Literêre Teorie), North-West University, Potchefstroom Campus"],"dc:description.abstract":["Daar bestaan oor die algemeen nog min navorsing oor die wyse waarop tweetalige kinders hul eerste tale verwerf. Hierdie proses - waartydens kinders twee tale gelyktydig van geboorte af verwerf - staan bekend as tweetalige eerstetaalverwerwing (TETV). Insgelyks bestaan daar min navorsing oor die verskillende taalverskynsels, soos kodewisseling, wat opgemerk kan word wanneer kinders twee nouverwante tale terselfdertyd verwerf. Kodewisseling is nog nie ondersoek in ŉ studie wat Afrikaans-Nederlandse kinders as respondente betrek nie, en hierdie studie wil dus daardie gaping vul. Ten einde die kodewisseling van hierdie groep te beskryf, is die taaldata van agt voorskoolse kinders tussen die ouderdomme 2;3 en 6;4 wat in Suid-Afrika Afrikaans-Nederlands grootgemaak word, ingesamel en geanaliseer. Die data-insameling is gedoen deur gebruik te maak van die ouerverslagmetode, en die data-insamelingsperiode het in totaal ongeveer twee maande geduur. 123 uitings is in totaal vir die studie geanaliseer. Die navorsing is binne Steffen Höder (2014a) se diasistematiese konstruksiegrammatika (DiaKxG) aangepak, aangesien dit ŉ raamwerk verskaf waarbinne meertalige konstruksies geanaliseer kan word. DiaKxG is op die algemene beginsels van tradisionele konstruksiegrammatikabenaderings (KxG-benaderings) gebaseer, maar is spesifiek geskik om konstruksies wat uit ŉ verskeidenheid taalkontaksituasies voortspruit, te analiseer. Soos deur Höder (2014a:138) uitgewys, en deur Boas en Höder (2018:37) en Colleman (2018:146) beaam is, het taalkontakfenomene in onlangse jare nog net die aandag van ŉ klein aantal konstruksiegrammatici getrek. In werklikheid het dit eintlik ook periferale status in prominente grammatikale benaderings. Omdat taalkontak(fenomene) egter ŉ alomteenwoordige deel van die samelewing is (Boas & Höder, 2018:5), kan dit nie by grammatikale benaderings uitgesluit word nie. Vanuit hierdie perspektief is DiaKxG gekonseptualiseer. Die hoofidee wat deur DiaKxG voorgestel word, is dat ŉ meertalige spreker se grammatika, oftewel konstruktikon, uit twee tipes konstruksies bestaan, te wete idiokonstruksies en diakonstruksies (Höder, 2012, 2014a, 2018). Hierdie konstruksies verwys onderskeidelik na die konstruksies wat eie aan ŉ spesifieke taal is (idiokonstruksies), en die konstruksies wat die gemeenskaplikhede of oorvleueling tussen die verskillende tale vasvang (diakonstruksies). ŉ Diakonstruksie is dus ŉ vorm-betekenis-passing waarin invloede van twee (of meer) tale sigbaar is. ŉ Eerste stap in die vorming van ŉ diakonstruksie behels ŉ kognitiewe proses van intertaalidentifikasie waardeur twee (of meer) korresponderende idiokonstruksies met mekaar geassosieer word. Daarna word die vormlike en/of betekenisooreenkomste van die onderskeie idiokonstruksies geabstraheer tot ŉ skematiese konstruksie deur ŉ proses van veralgemening. Laastens word die diakonstruksie in die meertalige spreker se konstruktikon gevestig."],"dc:identifier.uri":["https://orcid.org/0000-0002-1506-8791","http://hdl.handle.net/10394/38498"],"dc:language.iso":["other"],"dc:publisher":["North-West University (South Africa)"],"dc:subject":["Afrikaans","diasistematiese konstruksiegrammatika","Nederlands","nouverwante tale","kodewisseling","konstruksiegrammatika","taalkontak","taalverwerwing","tweetalige eerstetaalverwerwing"],"dc:title":["Kodewisseling in Afrikaans-Nederlandse kinders se spraak"],"dc:type":["Thesis"]},"updated_at":"2026-07-24T03:33:47Z"}