Back to results

Department of English Language and Literature

Die Nuwer Testament

Abstract

dc:description.abstract

Hierdie roman, Die Nuwer Testament, volg die doen en late van Fabian, 'n sekuriteitswag by 'n casino aan die Oos-Rand, in sy strewe om iemand van belang te wees. Teen die agtergrond van 'n dorp wat al vir 'n geruime tyd in verval is weens die opskorting van mynaktiwiteite, konstrueer Fabian fabelagtige gebeure en karakters om sy bestaan te verglans. 'n Ondier maak sy opwagting in Fabian se tuin en vorm die spilpunt waarom die daaropvolgende gebeure draai. Mossie, 'n tronkvoël wat pas vrygelaat is, word Fabian se handlanger en saam werk hulle onverpoos om vir die dier 'n hok te bou, hom te voed en vir hom te sorg. Ander karakters wat deel vorm van die intriges sluit in: Merinda, Fabian se vrou, 'n wynsuiper wat 'n pandjieswinkel in die dorp bedryf; Konstand, 'n geheimsinnige besigheidsman wat die dier leer dans en Aviva, Fabian se baas, wat hom 'n verhoging aanbied om mense (die uiteindelike voedingsbron vir die dier) wat selfmoord pleeg op die casinogronde te laat 'verdwyn'. Fabian se aanvanklike medemenslikheid en eerlikheid word deurentyd getoets weens sy behoefte daaraan om suksesvol, eksentriek en belangrik te wees. Tematies ondersoek hierdie roman die vernietigende kringloop van gierigheid. Die ondier in Fabian se tuin verteenwoordig die demoon wat skuil agter kits-selfverryking (o.a. dobbelary). Die lyke van mense wat selfmoord pleeg en later vir die ondier gevoer word, dui op die gemeenskap se verantwoordbaarheid wanneer die samelewing moreel verval omdat finansiële welstand verheerlik word as dié sosiale utopie. Die tematiek strek egter wyer as 'n studie oor moraliteit. Fabian en Mossie se soeke na individualiteit, betekenisvolle verhoudings en 'n behoefte aan eenvoudige en gesonde ouerskap, dryf hulle tot die uiterste van hul intellektuele en kreatiewe vermoë – met waansin as eindresultaat. Die titel van hierdie roman, Die Nuwer Testament, sinspeel op die feit dat die oorhoofse tema van die Nuwe Testament (liefde) ontoepaslik en verouderd is in die fiktiewe dorp waarin die verhaal afspeel. 'n Nuwe messias word in Fabian se tuin gebore en 'n nuwe messias beteken 'n nuwe boodskap – loodreg in teenstelling met die 'uitgediende' weergawe.

Degree

thesis:*
Grantor dc:publisher.institution
Department of English Language and Literature
Year dc:date.issued
2017

Author and committee

dc:creator, dc:contributor.*
Author dc:creator
  • Calitz, Wilken

Rights

Language dc:language.iso
eng

Identifiers

dc:identifier.*
Handle dc:identifier.uri
http://hdl.handle.net/11427/25183
OAI identifier oai:identifier
oai:open.uct.ac.za:11427/25183

Chain of custody

source
Harvested from
University of Cape Town
Base URL
open.uct.ac.za/oai/request
Last updated
2026-07-22
Source record
OAI-PMH GetRecord
related terms
citation

Calitz, Wilken. Die Nuwer Testament. Department of English Language and Literature, 2017. http://hdl.handle.net/11427/25183