Afrikaans and Netherlandic Studies
Die konsep van 'n gay-paradigma met betrekking tot hoofstroom-literatuur
Abstract
dc:description.abstractMet die gay-teks as primere objek van ondersoek, is daar in hierdie studie gekyk na die onderskeiding tussen hoofstroomen gay-literatuur. Die hipotese van hierdie studie is dat bogenoemde onderskeiding nie in aIle gevalle geregverdig kan word nie. Hierdie studie ontken nie die verskille tussen die gay-teks en hoofstroom-literatuur nie. Inteendeel, daar word kennis van die onderskeiding geneem. As vertrekpunt word die aard van die gay-teks ondersoek. Dit word gedefinieer as n geordende opeenvolging van sinne wat as n samehangende eenheid geproduseer en/of geinterpreteer word waarin homofiliteit n rol speel primer, sekonder, of bloat as 'n suggestie of sensibiliteit. Die verskil tussen gay- en hoofstroom-literatuur vind veral op tematiese vlak plaas waar die bogenoemde definisie duidelik van toepassing is. Die kern van die hoofstroom-teks bestaan daarin dat die teks grotendeels op die uitbeelding van 'n menslike kondisie fokus. Hierdie menslike kondisie behels ervaringe wat aIle mense met mekaar gemeen het. n Teks kan op verskeie vlakke geinterpreteer word. Met Edmund White se roman, A Boy's Own Story as proefteks, toon hierdie studie dat een teks as beide gay- en hoofstroom teks gelees kan word. Hiermee word bewys dat die gay-teks en hoofstroom-literatuur nie antonieme van mekaar hoef te wees nie.
Degree
thesis:*- Grantor dc:publisher.institution
- Afrikaans and Netherlandic Studies
- Year dc:date.issued
- 1997
Author and committee
dc:creator, dc:contributor.*- Author dc:creator
-
- Van Rooyen, Ian William
- Advisor dc:contributor.advisor
-
- Snyman, Henning
Rights
- Language dc:language.iso
- afr
Identifiers
dc:identifier.*- Handle dc:identifier.uri
- http://hdl.handle.net/11427/19679
- OAI identifier oai:identifier
- oai:open.uct.ac.za:11427/19679