Back to results

Afrikaans and Netherlandic Studies

Stormwatersloot

Abstract

dc:description.abstract

In hierdie novelle, wat oor 'n tydperk van drie dae afspeel, word drie karakters se lewens verwoes nadat hulle vroeg een oggend 'n misdaad pleeg op pad terug van 'n partytjie. Die verhaal speel af in 'n moderne stad, wat bekend voorkom dog vreemd is; asof dit 'n dekade of twee in die toekoms is, met 'n geskiedenis wat homself effens anders uitgespeel het as wat 'n mens sou kon verwag. Le Roux Basson, oftewel Maanhaar, is 'n bekende sanger wat oenskynlik 'n perfekte lewe het in 'n era waarin celebrity-status slaafs nagejaag of selfs nageboots word. Sy vriend, Henk van der Hoest, is 'n misdaadjoernalis by 'n dagblad in die stad en vind dat die verskil tussen 'n lewe van misdaad en 'n 'gewone' lewe minimaal is. Stacy Plummer, 'n groupie van Maanhaar, werk in 'n kroeg en verkoop dwelms op klein skaal om die huur te betaal. Sy is die enigste karakter wat met waardigheid deur die gebeure van die verhaal gelaat word. Die verhaal speel agteruit af, met sekere feite wat van die leser weerhou word tot aan die einde, wat eintlik die begin van die chronologiese verhaal is. Die idee is dat die leser hom- of haarself moontlike ander hoofstukke (elke hoofstuk is 'n dag) kan verbeel voor en na die hoofstukke in hierdie novelle.

Degree

thesis:*
Grantor dc:publisher.institution
Afrikaans and Netherlandic Studies
Year dc:date.issued
2008

Author and committee

dc:creator, dc:contributor.*
Author dc:creator
  • Coetzer, Pieter Willemse Reino

Rights

Language dc:language.iso
afr

Identifiers

dc:identifier.*
Handle dc:identifier.uri
http://hdl.handle.net/11427/18416
OAI identifier oai:identifier
oai:open.uct.ac.za:11427/18416

Chain of custody

source
Harvested from
University of Cape Town
Base URL
open.uct.ac.za/oai/request
Last updated
2026-07-22
Source record
OAI-PMH GetRecord
related terms
citation

Coetzer, Pieter Willemse Reino. Stormwatersloot. Afrikaans and Netherlandic Studies, 2008. http://hdl.handle.net/11427/18416