Back to results

Department of Social Development

Pleegouers : 'n ondersoek met verwysing na die omstandighede van blanke pleegsouers in Kaapstad

Abstract

dc:description.abstract

Die ondersoeker se belangstelling in pleegsorg het ontwikkel gedurende die drie jaar wat sy as sekretaresse van die Vereniging vir Kinderbeskerming in Kaapstad werksaam was. Hoewel die ondersoeker reeds die afgelope drie jaar in 'n ander werkkring staan, word die leemtes wat in pleegsorg bestaan, maar ook die waarde wat dit vir sorgbehoewende kinders kan he, gedurig onder haar aandag gebring. Die kroniese tekort aan geskikte pleegouers, die feit dat pleegkinders soms in pleeghuise geplaas word waar hulle onder omstandighede verkeer wat nie veel verskil van die waaruit hulle verwyder is nie en die steeds te groat aantal plasings wat misluk het die ondersoeker lnat besluit om vas te stel wie die pleegouers is wat hierdie belangrike diens lewer. Aangesien studies van verbruikersmenings van welsynsdienste in Suid-Afrika skaars is, en pleegouers word hier te lande nog dikwels as verbruikers eerder as verskaffers van welsynsdienste beskou het die ondersoeker aandag gegee aan pleegouers se menings oor die dienste wat hulle van welsynsorganisasies en maatskaplike werkers ontvang. Die ondersoek was beperk tot Kaapstad omdat die ondersoeker in voltydse betrekking beklee wat dit moeilik sou maak om buite Kaapstad te werk. Al drie die welsynsorganisasies wat blanke kinders in pleegsorg plaas is by die ondersoek betrek, eerstens om 'n volledige steekproef van pleegouers te kan maak en tweedens om vas te stel of daar enige opva.llende verskille in die beleid en werkswyse met betrekking tot pleegsorg tussen die drie verenigings bestaan.

Degree

thesis:*
Grantor dc:publisher.institution
Department of Social Development
Year dc:date.issued
1974

Author and committee

dc:creator, dc:contributor.*
Author dc:creator
  • Barry, Engela Francina Catrina
Advisor dc:contributor.advisor
  • Helm, Brunhilde

Rights

Language dc:language.iso
afr

Identifiers

dc:identifier.*
Handle dc:identifier.uri
http://hdl.handle.net/11427/17872
OAI identifier oai:identifier
oai:open.uct.ac.za:11427/17872

Chain of custody

source
Harvested from
University of Cape Town
Base URL
open.uct.ac.za/oai/request
Last updated
2026-07-22
Source record
OAI-PMH GetRecord
related terms
citation

Barry, Engela Francina Catrina. Pleegouers : 'n ondersoek met verwysing na die omstandighede van blanke pleegsouers in Kaapstad. Department of Social Development, 1974. http://hdl.handle.net/11427/17872