Back to results

Department of Historical Studies

Die arbeids-kolonie Kakamas

Abstract

dc:description.abstract

Die militêre, politieke en in mindere mate, die ekonomiese geskiedenis van Suid-Afrika was reeds die onderwerp van vele navorsing. Daarenteen het die geskiedkundiege ontwikkeling van bepaalde dorpe en streke min aandag geniet in die Suid-Afrikaanse geskiedskrywing. In 'n uitgestrekte land soos hierdie is streeksontwikkeling en die groei van intensief gevestigde gemeenskappe belangrik in die ontwikkeling van die hele land, en die geskiedenis van die streeksontwikkeling dus belangrik die geskiednis van die geheel. My besluit om as onderwerp van die verhandeling te neem die geskiedenis van die Kakamas Arbeidskolonie is dus gemotiveer deur die rol wat hierdie Kerk-nedersetting gespeel het in die ontwikkeling van die Kaapse Noord-Weste, in die invloed wat dit uitgeoefen het op die landbou- en irrigasiebeleid van die Staat en in die bydrae wat dit gelewer het tot 'n oplossing van die Armblanke-probleem. Die Studie omvat: (a) 'n Oorsig van die vernaamste oorsake van die agterlikheid van die Suid-Afrikaanse landbou en besproeiing teen die einde van die 19de eeu. (b) Bywoners, armblankea en die Armsorg van die N.G. Kerk. Toestande in die Noordwestelike Kaap en die aanvang van die Kakamas Arbeidskolonie. (c) Die groei en ontwikkeling van die Nedersetting. Probleme, administrasie, finansies, handel en landbouontwikkeling. (d) Opvoeding van die jeug. Kerklike, sosiale en kulturele aangeleenthede in die Kolonie. (e) Verhouding tussen die Koloniste en die Arbeidskolonie Kommissie. Die stryd om eiendomsreg en selfbestuur. Verskillende regeringskommissies en hulle verslae. Ooreenkoms tussen Kerk en Staat. (f) Die jongste grondwet. Invloed van die Arbeidskolonie op besproeiingsbeleid, ens.

Degree

thesis:*
Grantor dc:publisher.institution
Department of Historical Studies
Year dc:date.issued
1949

Author and committee

dc:creator, dc:contributor.*
Author dc:creator
  • Loots, F J

Rights

Language dc:language.iso
afr

Identifiers

dc:identifier.*
Handle dc:identifier.uri
http://hdl.handle.net/11427/16360
OAI identifier oai:identifier
oai:open.uct.ac.za:11427/16360

Chain of custody

source
Harvested from
University of Cape Town
Base URL
open.uct.ac.za/oai/request
Last updated
2026-07-22
Source record
OAI-PMH GetRecord
related terms
citation

Loots, F J. Die arbeids-kolonie Kakamas. Department of Historical Studies, 1949. http://hdl.handle.net/11427/16360