Back to results

Department of Physics

Vervlugtiging van metale tydens die droging van biologiese materiaal

Abstract

dc:description.abstract

Daar bestaan verskeie analitiese tegnieke vir die kwantitatiewe bepaling van spoorelemente in biologiese materiaal. Om elke tegniek aan die gevraagde vereistes van sensitiwiteit, reproduseerbaarheid en akkuraatheid te laat voldoen, word gebruik gemaak van gespesialiseerde instrumentasie. Met biologiese matryse verg die meeste van hierdie metodes egter 'n voorbereidende ontbindingsprosedure om die organiese materiaal af te breek. Dit impliseer droging gevolg deur droe of nat verassingsprosedures van die materiaal. Die vraag ontstaan egter of geakkumuleerde metale, deur organismes gemetaboliseer word tot vlugtige organiese verbindings, en indien wel, of dit die huidige, algemene analitiese metodiek wat gebruik word, enigsiens kan beinvloed. Aan die hand van mariene organismes, word in hierdie studie die radionukliedes van die elemente kroom, mangaan, yster, kobalt, sink, arseen, selenium, kadmium, antimoon en lood gebruik om 'n bydrae te lewet tot die begrip van metaboliese prosesse, en terselfdertyd lig te werp op die betroubaarheid van die analitiese tegnieke wat toegepas word.

Degree

thesis:*
Grantor dc:publisher.institution
Department of Physics
Year dc:date.issued
1976

Author and committee

dc:creator, dc:contributor.*
Author dc:creator
  • Fourie, Hermanus Ockert
Advisors dc:contributor.advisor
  • Peisach, Max
  • Orren, M J

Rights

Language dc:language.iso
afr

Identifiers

dc:identifier.*
Handle dc:identifier.uri
http://hdl.handle.net/11427/12475
OAI identifier oai:identifier
oai:open.uct.ac.za:11427/12475

Chain of custody

source
Harvested from
University of Cape Town
Base URL
open.uct.ac.za/oai/request
Last updated
2026-07-24
Source record
OAI-PMH GetRecord
related terms
citation

Fourie, Hermanus Ockert. Vervlugtiging van metale tydens die droging van biologiese materiaal. Department of Physics, 1976. http://hdl.handle.net/11427/12475