Back to search

University of the Western Cape

Die voorligtingsbehoeftes van Sekondêre leerlinge in 'n benadeelde gemeenskap en die implikasies daarvan vir hul groepvoorligtingsprogram:'n opvolgstudie

Abstract

dc:description.abstract

Hierdie ondersoek is onderneem om die voorligtingsbehoeftes van leerlinge in sekondêre Kleurlingskole in Wes-Kaapland te bepaal en die implikasies daarvan vir hul groepvoorligtingsprogram aan te toon. Die navorser het ook die bevindings van die huidige ondersoek met die van sy meningsopnames in 1979 en 1983 vergelyk. 'n Literatuurstudie is aangewend om die aard, doelstellings en beginsels van groepvoorligting te kelingstake van die Westerse en Afrikaanse - adolessent te ondersoek, formuleer, die ontwikspesifiek die Suiden lig te werp op die spesifieke ontwikkelingsbehoeftes en -probleme waarmee Kleurlingjeugdiges te kampe het. Vraelyste deur leerlinge en skoolvoorligters voltooi, het die relevantheid van die amptelike program se groepvoorligtingsonderwerpe beoordeel, aangedui watter moontlik bestaande onderwerpe kan vervang of daarby gevoeg kan word, en kommentaar oor die inhoud en aanbieding van die huidige program gelewer. Ten opsigte van di,e~~rd van groepvoorligting is bevind dat die huidige Handleiding en Program slegs enkele vereistes toelig en dus hersien behoort te word om alle essensiale aspekte van voorligting te dek. Die afwesigheid van spesifieke dQelá!allinaá vir groepvoorligting in die amptelike handleiding voorsien nie die nodige riglyne aan voorligters vir hul taak nie, en dus is 'n reeks doelstellings in funksionele terme geformuleer. Havighurst (1972) se formulering van adolessente ontwikkelingstake, aangevul deur die navorsing van Burns (1988), kan as n bruikbare raamwerk vir die terrein van groepvoorligting gebruik word. Dis is voorgestel dat elke sekondêre standerd persoonlikheidsvoorligting, voorligting, opvoedkundige voorligting en voorligting behoort te ontvang. sosiale beroeps- Ten opsigte het die onderwerpe van die inhoud van 'n groepvoorligtings programliteratuurstudie onder andere aangetoon dat by die leerlinge se ontwikkelingsvlak en veranderende behoeftes aansluiting moet vind, die program buigsaam moet wees om by plaaslike vereistes te kan aanpas, en dat die klem op die bevordering van leerlinge se persoonlike waardestelsels behoort te val.

Degree

thesis:*
Grantor dc:publisher.institution
University of the Western Cape
Year dc:date.issued
1990

Author and committee

dc:creator, dc:contributor.*
Author dc:creator
  • Gouws, Andre

Subjects

dc:subject × 5

Rights

dc:rights

Chain of custody

source
Harvested from
University of the Western Cape
Base URL
uwcscholar.uwc.ac.za:8443/server/oai/request
Last updated
2026-07-24
Source record
OAI-PMH GetRecord
citation

Gouws, Andre. Die voorligtingsbehoeftes van Sekondêre leerlinge in 'n benadeelde gemeenskap en die implikasies daarvan vir hul groepvoorligtingsprogram:'n opvolgstudie. University of the Western Cape, 1990.