University of Pretoria
’n Kritiese analise van die visuele diskoers oor gender in SA Sports Illustrated
Abstract
dc:description.abstractDit is ’n goedgedokumenteerde feit dat stereotipering van sportvroue allerlei skadelike gevolge vir hierdie vroue het: professioneel en fisiek sowel as geestelik en emosioneel. Die doel van hierdie studie was om die aard en intensiteit van gendersubjektiwiteit in die visuele afbeeldings van sportvroue in die tydskrif SA Sports Illustrated te beskryf, en om aan te toon dat ’n kritiese, visueel-grammatiese analise belangrike waarde het om dominante ideologieë uit te wys en te bestry. Kwalitatiewe en kwantitatiewe ondersoekmetodes is gebruik, te wete ʼn kritiese diskoersanalise deur gebruikmaking van elemente van Kress&Van Leeuwen (1996) se visuele grammatika, en ’n vraelysondersoek wat sportmans- en sportvroue se persepsies toets oor stereotipering in dieselfde datakorpus. ’n Model is in matriksformaat opgestel waarin die belangrikste dimensies of subkonstrukte van stereotipering geïdentifiseer is en gekoppel is aan visueel uitbeeldbare eienskappe van sportvroue (konstrukeieneskappe). Daarna is visueel-grammatiese elemente geïdentifiseer wat reëlmatig in sportfoto’s as tekens optree om die konstrukeienskappe te vergestalt. Die kritiese analise het behels dat die navorser ’n steekproef van 13 foto’s van sportvroue uitgebreid beskryf volgens die model. Vervolgens is ’n vraelys opgestel ten einde vas te stel in welke mate sportstudente se persepsies oor stereotipering ooreenstem met die bevindinge van die navorser op grond van haar kritiese analise. Die vraelysitems is geformuleer deur relevante konstrukeienskappe in die formaat van likertskale by elke foto te operasionaliseer. Die bevinding van die kritiese analise, gebaseer op die visuele grammatika (met gebruikmaking van hoofsaaklik vektor-analise) was dat vyf van die 13 foto’s (38.5%) sportvroue ‘positief stereotipeer’, dit wil sê as ATLETIES. In die oorblywende agt foto’s (61.5%) word die sportvrou deur middel van die foto negatief gestereotipeer, onderskeidelik as HOMOSEKSUEEL, MODEL, VERLOORDER en SEKSOBJEK. Die resultate van die vraelysondersoek ondersteun die kritiese analise tot ’n hoë mate, deurdat die respondente se oordeel in bykans 75% van die gevalle met dié van die navorser ooreenstem: in al die gevalle waarby die navorser se analise positiewe stereotipering uitgewys het, het die respondente se antwoorde ook op ’n uitbeelding as ATLETIES gedui, en by sewe uit die agt foto’s wat deur die navorser as negatief stereotiperend beskou is, het die response van die sportstudente ook negatiewe stereotipes gekonstrueer. Die respondente se oordeel oor negatiewe stereotipering het in gemiddeld 69% van die gevalle ooreengestem met die navorser se kategorisering. Die konstrukeienskap ‘liggaamsbou’ (77.4%) het die grootste bydrae gelewer tot respondente se identifisering van negatiewe stereotipering van die sportvrou, gevolg deur die uitbeelding van ‘kleredrag’ (75%). Die wyse waarop die sportvrouens se ‘liggaamshouding’ (61%) en ‘gesigsuitdrukking’ (60.5%) uitgebeeld is, het ook ’n beduidende invloed gehad op die negatiewe stereotipering. Die belangrikste gevolgtrekkings wat uit die studie gemaak kan word, is dat sportvroue oorwegend negatief gestereotipeer word in SA Sports Illustrated, en dat ’n visuele grammatika belangrike heuristiese waarde het om die eienskappe van visuele subjektiwiteit in visuele uitbeeldings van sportvroue in die media te identifiseer. Sodoende kan skadelike mediadiskoerse ontmasker word.
Author and committee
dc:creator, dc:contributor.*- Advisor dc:contributor.advisor
-
- Carstens, Adelia
Subjects
dc:subject × 23- Social semiotics
- Women in sport
- Gender in sport
- Vektoranalise
- Visuele grammatika
- Genderrolle
- Genderideologieë
- Genderongelykheid
- Stereotipering in sport
- Rol
- Gender
- Kritiese diskoersanalise
- Sosio-semiotiek
- Sport en gender
- Sportvroue
- Visual grammar
- Vector analysis
- Critical discourse analysis
- Gender stereotyping in sport
- Gender inequality
- Gender ideology
- Gender roles
- UCTD
Rights
dc:rights- Statement dc:rights
-
- © 2010, University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.
- Language dc:language.iso
- en
Identifiers
dc:identifier.*- Dc Identifier Other
- E10/614/gm
- OAI identifier oai:identifier
- oai:repository.up.ac.za:2263/31277