Back to search

Department of Sociology

Die verhoudingsvraagstuk in polisiëring

Abstract

dc:description.abstract

Hierdie ondersoek het betrekking op die verhoudingsvraagstuk in polisiëring. Die bevindinge is gebaseer op inligting wat deur middel van 'n vraelys ingesamel is. Vir hierdie doel is 718 respondente (Blankes, Kleurlinge en Asiërs) binne die munisipale dorpsgebied van Pietersburg ewekansig geselekteer om te bepaal wat die mening van 'n verteenwoordigende aantal respondente in Pietersburg is. Die opname van die gegewens is gedurende Desember 1979 en Januarie 1980 deur ondersoeker persoonlik en 'n aantal veldwerkers (Asiërs, Blankes en Kleurlinge) gedoen. Die doel met die ondersoek was primêr om die aard van bestaande verhoudinge tussen die Suid-Afrikaanse Polisie en die publiek volgens die mening van 'n ondersoekgroep te bepaal en om moontlike verhoudingversteurende faktore te identifiseer. Die ondersoekresultate weerspieël uiteraard slegs die menings van die inwoners van Pietersburg en veralgemenings is gevaarlik. Bepaalde hipoteses wat met die oog op die ondersoekgebied geformuleer is, is getoets en dit blyk volgens die bevindinge dat bestaande verhoudinge huidig in die polisiëringsproses geskend word. Verskeie faktore wat stremmend kan inwerk op die handhawing van gesonde onderlinge verhoudinge, is geidentifiseer.

Degree

thesis:*
Grantor dc:publisher.institution
Department of Sociology
Year dc:date.issued
1983

Author and committee

dc:creator, dc:contributor.*
Author dc:creator
  • Du Preez, Gert Thomas
Advisor dc:contributor.advisor
  • Van der Merwe, H W

Rights

Language dc:language.iso
afr

Identifiers

dc:identifier.*
Handle dc:identifier.uri
http://hdl.handle.net/11427/17598
OAI identifier oai:identifier
oai:open.uct.ac.za:11427/17598

Chain of custody

source
Harvested from
University of Cape Town
Base URL
open.uct.ac.za/oai/request
Last updated
2026-07-22
Source record
OAI-PMH GetRecord
related terms
citation

Du Preez, Gert Thomas. Die verhoudingsvraagstuk in polisiëring. Department of Sociology, 1983. http://hdl.handle.net/11427/17598